Penniefluitjies vir Oppermans & Koffiefontein

Katheleen Prinsloo - penniefluitjie afrigter!

Kathleen se jarelange visie en droom om die penniefluitjie na Oppermans & Koffiefontein te bring is bewaarheid. Nadat sy en Jean-Marie Ontong na Swellendam in die Weskaap gereis het om te gaan leer penniefluitjie speel, het hulle in Oppermans & Koffiefontein begin om die kinders, vroue, en egpare te leer om hierdie instrumentjie te bemeester. Kathleen het ‘n groupie van drie egpare op die been gebring. Hulle het al in ‘n plaaslike kerk begin optree. Kathleen is van plan om groot uit te brei in haar omgewing deur mense hulle talente te laat ontwikkel en te help bou aan ‘n goeie selfbeeld van kind en volwassene d.m.v. die penniefluitjie.